Harald Bloutand | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Harald word gedoop, omstreeks 960.
| |
Huis | Jelling |
Titel | Koning van Denemarke |
Regeer | 958–985/986 |
Voorganger | Gorm die Oue |
Opvolger | Sven Vurkbaard |
Titel | Koning van Noorweë |
Regeer | 970–985/986 |
Voorganger | Harald II |
Opvolger | Sven Vurkbaard |
Oorlede | 985/986 |
Eggenote | Gyrid Olafsdottir Thora |
Kinders | Thyra Haraldsdatter Sven Vurkbaard Haakon Gunhilde |
Harald 'Bloutand' Gormsson (Oud-Noors: Haraldr blátönn Gormsson, Deens: Harald Blåtand Gormsen; gebore omstreeks 935) was die seun van koning Gorm die Oue en Thyra Dannebod. Hy is in 985 of 986 dood nadat hy van omstreeks 958 as koning van Denemarke regeer het en vir ’n paar jaar rondom 970 as koning van Noorweë. Volgens sommige bronne het sy seun Sven Vurkbaard hom van die troon gedwing.