Harare Sportklub | ||
Volle naam | Veld van die Harare Sportklub | |
---|---|---|
Ligging | Harare, Zimbabwe | |
Koördinate | 17°48′50.67″S 31°3′2.08″O / 17.8140750°S 31.0505778°O | |
Eienaar | Zimbabwe Krieket | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1900 | |
Huurders | ||
Zimbabwiese nasionale krieketspan Rhodesië (1910–1979) Masjonaland (1923–2008) Masjonaland Eagles (sedert 2009) |
Harare Sportklub (Engels: Harare Sports Club) is 'n sportklub en die Harare Sportklubveld (Harare Sports Club Ground) is 'n krieketstadion in Harare, Zimbabwe. Dit is in 1900 gestig[1] en was bekend as Salisbury Sportklub tot 1982. Dit word meestal vir krieketwedstryde gebruik, en het sedert sy stigting as die primêre krieketveld in Rhodesië en Zimbabwe gedien. Ander sportsoorte wat by die klub beoefen word, is rugby, tennis, gholf en muurbal.