Harnaaz Sandhu | ||
![]() | ||
Gebore | 03 Maart 2000 | |
Plek | Chandigarh, Indië | |
Nasionaliteit | ![]() | |
Geboortenaam | Harnaaz Kaur Sandhu | |
Beroep | model en skoonheidskoningin | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mej. Heelal 2021 | |
Haarkleur | Swart | |
Oogkleur | Bruin | |
Lengte | 1,77 m |
Harnaaz Kaur Sandhu (gebore 30 Maart 2000) is 'n Indiese model en skoonheidskoningin. Sy is die wenner van die Mej. Heelal 2021-kompetisie. Voorheen het sy die Miss Diva Universe 2021-kompetisie gewen.[1][2]
Sandhu is gebore in die dorpie Kohali in die Gurdaspur-distrik, Punjab, naby die stad Batala. Haar ouers is Pritampal Singh Sandhu en Rabinder Kaur Sandhu. Haar pa is 'n makelaar en haar ma is 'n ginekoloog, terwyl sy ook 'n ouer broer met die naam Harnoor het. Sandhu is in 'n Sikh-gesin grootgemaak, terwyl haar pa van Jat-oorsprong is.
In 2006 het die gesin na Engeland verhuis, voordat hulle twee jaar later na Indië teruggekeer het en hulle in Chandigarh gevestig het, waar Sandhu grootgeword het. Sy het die Shivalik Public School en die Post Graduate Government College for Girls bygewoon, albei in Chandigarh. Voordat sy Mej. Heelal geword het, het Sandhu 'n meestersgraad in openbare administrasie gevolg.[3][4][5]