Hartaknoet | |
---|---|
Koning van Denemarke | |
Periode | 936 – 940 |
Voorganger | Sigtrygg Gnupasson |
Opvolger | Gorm die Oue |
Vader | Sigurd Slang-in-die-Oog |
Moeder | Blaeja |
Gebore | ±890 |
Oorlede | 940 |
Kinders | Gorm die Oue |
Hartaknoet (gebore omstreeks 890 – 940) was ’n legendariese koning van Denemarke. Hy word in bronne genoem die seun van óf ene "Sven" óf die halfmitiese Wiking Sigurd Slang-in-die-oog, wat ’n seun van die legendariese Ragnar Lodbrok was. Sommige historici meen Hartaknoet was ’n kleinseun van Sigurd en nie ’n seun nie.