Hartbeespoort | |
---|---|
![]() Damwal van die Hartbeespoortdam met die Magaliesberg in die agtergrond. | |
Koördinate: 25°44′39″S 27°53′58″O / 25.74417°S 27.89944°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Bojanala Platinum |
Munisipaliteit | Madibeng |
Oppervlak | |
• Totaal | 125,89 km2 (48,61 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 22 374 |
• Digtheid | 178/km2 (460/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 59.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 1.1% |
• Swart mense | 38.2% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 46.5% |
• Engels | 19.3% |
• Tswana | 7.3% |
• Tsonga | 6.2% |
• Ander | 20.7 |
Poskode (strate) | 0216 |
Skakelkode | 012 |
Hartbeespoort (ook bekend as Harties) is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika, geleë tussen die Magaliesberg en die oewers van Hartbeespoortdam. Die dorp se naam verwys na rooihartbeeste wat vroeër deur die omgewing se natuurlike poort gehardloop het.
Hartbeespoort is deel van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, wat ook die nabygeleë dorp Brits insluit.
Die oudste uitbreiding van die dorp is Schoemansville, vernoem na Generaal Hendrik Schoeman van die Zuid-Afrikaansche Republiek.