Hattoesili III | |
---|---|
Koning van die Hetiete | |
![]() Rotsreliëf van Hattoesili III.
| |
Bewind | c. 1275-'45 v.C. (middelchronologie) |
Voorganger | Moersili III |
Opvolger | Toedhalija IV |
Ouers | Moersili II Gassoelawija |
Gade | Poedoehepa |
Kinders | Toedhalija IV Maathorneferoere Kiloes-Hepa |
Hattoesili III was omstreeks 1275-'45 v.C. koning van die Hetitiese Ryk.[1]. Hy het sy broerskind Moersili III opgevolg.
Baie van wat van die kinderjare van Hattoesili III bekend is, is verkry van 'n biografiese verslag wat bekend is as Die Apologie.[1] Hy was die jongste van vier kinders van koning Moersili II en koningin Gassoelawija. Volgens Hattoesili self was hy 'n sieklike kind wat vermoedelik nie 'n volwasse ouderdom sou bereik nie.[2] Hy het die godin Isjtar die eer daarvoor gegee dat sy sy lewe in dié tyd gespaar het, en het vir altyd 'n getroue aanhanger van haar gebly.[1][3]
Voordat hy koning geword het, het Hattoesili met Poedoehepa, 'n priesteres van Isjtar, getrou. Sy het later uit eie reg 'n belangrike Hetitiese koningin geword.[4][5] By haar het hy drie kinders gehad, onder andere sy opvolger, Toedhalija IV.