Hawaiian Airlines (IATA-kode: HA, ICAO-kode: HAL, Roepsein: Hawaiian) is 'n Amerikaanse lugredery gebaseer in Hawaii. Die redery se hooflughawe is Daniel K. Inouye Internasionale Lughawe in Honolulu.
HAL het kodedeelooreenkomste met die volgende rederye:[1]
Hawaiian Airlines het in 1929 as Inter-Island Airways begin met vlugte van Honolulu na Hilo via Molokai en Maui. In 1941 is die naam verander na Hawaiian Airlines.