Hawais ʻŌlelo Hawaiʻi | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi] | |
Gepraat in: | Verenigde State | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 24 000 volgens 2010-sensus[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Oos-Polinesies Marquesies Hawais | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Verenigde State | |
Gereguleer deur: | Hawaii-taalkommissie | |
Taalbedreigingstatus | ||
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n krities bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | haw
| |
ISO 639-3: | haw
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Hawais (ʻŌlelo Hawaiʻi, [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]) is die taal van Hawaii se inheemse bevolking. Dit vorm saam met Engels die amptelike tale van die Amerikaanse deelstaat Hawaii.
Taalkundiges klassifiseer Hawais as 'n Oos-Polinesiese taal wat nouverwant aan Mangarevanies en Marquesanies van Frans-Polinesië is. Dit is ietwat minder verwant aan Cookeilandse Māori, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.
Volgens die Hawaii-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Hawais vlot kan praat, in 1997 tot sowat 2 000 gedaal.