Hawker Siddeley Nimrod

Hawker Siddeley Nimrod
Hawker Siddeley Nimrod MR2
Tipe Maritieme verkenning
Vervaardiger Hawker Siddeley
BAE Systems
Nooiensvlug 23 Mei 1967
Onttrek 28 Junie 2011
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Aantal gebou 49 + 2 prototipes
Ontwikkel van De Havilland Comet

Die Hawker Siddeley Nimrod was 'n Britse maritieme verkenningsvliegtuig. Ontwerp aan die vliegtuig het in 1964 begin met die doel om die verouderde Avro Shackletons te vervang. Die ontwerp van die romp se raamwerk was gebaseer op die De Havilland Comet. 'n Stoorplek van 15,8 m³ onder die romp vir wapens en elektroniese toerusting skep die indruk van 'n dubbeldekkerromp.

Die Britse regering het in 1965 toestemming verleen vir die projek om voort te gaan en twee prototipes, wat omskep is van die Comet, het reeds in 1967 gevlieg. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug op 23 Mei 1967 onderneem en die produksiemodelle is in 1969 in diens gestel. Die Nimrod se ontwerp was rewolusionêr vir sy tyd aangesien patrollievliegtuie turboskroefmotore gebruik het.

Die Nimrod doen die volgende take: seeoppervlakverkenning, anti-skeeps en anti-duikboot oorlogvoering. In die anti-duikboot rol kan duikbote die vibrasies wat turboskroefmotore het bespeur, terwyl die Nimrod se straalmotore feitlik onbespeurbaar is. Die vliegtuig kan 'n verskeidenheid wapens dra: Stingray-torpedo's, Harpoon anti-skip missiel en Sidewinder infrarooimissiel vir selfverdediging of aanval. Dit kan ook sy eie chaff (metaalstrokies) en fakkels dra as verdediging teen inkomende missiele.

In die vroeë 1980's is die vliegtuig opgradeer na tipe MR2 deur die verkenningstoerusting te verbeter en op te gradeer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne