Heart of Darkness

Blackwood's Magazine - 1899 Februarie se voorblad

Heart of Darkness (1899) is 'n novelle deur die Pools-Engelse romanskrywer Joseph Conrad waarin die matroos Charles Marlow aan sy luisteraars die verhaal vertel van sy opdrag as stoomskipkaptein vir 'n Belgiese maatskappy in die Afrika-binneland. Die roman word wyd beskou as 'n kritiek op Europese koloniale heerskappy in Afrika, terwyl dit ook die temas van magsdinamika en moraliteit ondersoek. Alhoewel Conrad nie die rivier noem waarop die meeste van die vertelling afspeel nie, was die Kongo-Vrystaat, die ligging van die groot en ekonomies belangrike Kongorivier, ten tyde van die skryf hiervan 'n private kolonie van België se koning Leopold II. Marlow kry 'n teks deur Kurtz, 'n ivoorhandelaar wat op 'n handelsstasie ver op die rivier werk, wat "inheems geword het" en die voorwerp van Marlow se ekspedisie is.

Sentraal in Conrad se werk is die idee dat daar min verskil is tussen "beskaafde mense" en "barbare". Heart of Darkness lewer implisiet kommentaar op imperialisme en rassisme.[1] Die novelle se omgewing verskaf die raam vir Marlow se verhaal van sy fassinasie vir die produktiewe ivoorhandelaar Kurtz. Conrad trek parallelle tussen Londen ("die grootste dorp op aarde") en Afrika as plekke van duisternis.[2]

Oorspronklik uitgereik as 'n driedelige reeksverhaal in Blackwood's Magazine om die 1000ste uitgawe van die tydskrif te vier,[3] Heart of Darkness is wyd herpubliseer en in baie tale vertaal. Dit het die inspirasie verskaf vir Francis Ford Coppola se 1979-rolprent Apocalypse Now. In 1998 het die Modern Library Heart of Darkness 67ste geplaas op hul lys van die 100 beste romans in Engels van die 20ste eeu.[4]

  1. The Norton Anthology, 7th edition, (2000), bl. 1957.
  2. Chinua Achebe "An Image of Africa: Racism in Conrad's Heart of Darkness" in The Norton Anthology of English Literature, vol. 2 (7th edition) (2000), bl. 2036.
  3. National Library of Scotland: Blackwoods magazine exhibition. In Blackwood's is die storie getiteld "The Heart of Darkness", maar toe dit as 'n aparte boek gepubliseer is, is "The" van die titel weggelaat.
  4. 100 Best Geargiveer 7 Februarie 2010 op Wayback Machine, Modern Library's website. Besoek 12 Januarie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne