Hedi Slimane

Hedi Slimane
Hedi Slimane in 2015
Gebore(1968-07-05)5 Julie 1968
NasionaliteitVlag van Frankryk Frankryk
BeroepModeontwerper en fotograaf
Bekend virOntwerpe vir Christian Dior en Saint Laurent Paris
Webwerfhedislimane.com

Hedi Slimane ([eˈdi sliˈman]; * 5 Julie 1968) is 'n Franse fotograaf en modeontwerper. Tussen 2000 en 2007 het hy die pos van kreatiewe direkteur vir Dior Homme, die modehuis Christian Dior se mansklerereeks, beklee. Vanaf 2012 tot 2016 was hy kreatiewe direkteur vir Yves Saint Laurent. Laat in Januarie 2018 het die Franse vervaardiger van luukse goedere LVMH bekend gemaak dat Slimane opvolger sou word van Phoebe Philo as Artistic, Creative and Image Director vir die modehuis Céline waar hy damesmodes sal ontwerp asook nuwe reekse met Haute Couture-mode en mansklere loods. Daarnaas sal hy betrokke wees by die markinvoering van Céline-reukwater en die ontwerp en opening van Céline-modewinkels.

In November 2018 het die tydskrif Vanity Fair Hedi Slimane eerste geranglys in sy jaarlikse lys van die "50 invloedrykste Franse persoonlikhede ter wêreld". Slimane het wonings in Parys en Los Angeles (sedert 2007). Slimane se besluit om die Saint-Laurent-ontwerpateljee na Los Angeles te verskuif was 'n huldeblyk aan die Suid-Kaliforniese metropool se groeiende modebedryf.[1]

  1. Business of Fashion, 23 Augustus 2016: What Happened to Saint Laurent’s LA-based Team After Hedi Slimane Left? Besoek op 29 April 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne