'n Heemraad was 'n lid van die kommissie van landdros en heemrade en het in die eerste 150 jaar van blanke vestiging in Suid-Afrika oor regterlike en administratiewe magte in die binneland beskik. Dit was die blanke se vroegste vorm van plaaslike regering.