Heilige Birmaanse kat | ||||
![]() | ||||
Alternatiewe naam | Engels: Birman, Sacred Birman | |||
Land | Birma | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Soort lyf | Halfstewig | |||
Pels | Medium-lank | |||
Patroon | Kleurpunt met wit pote | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Heilige Birmaanse kat (Engels: Birman, Sacred Birman) is ’n langharige katras wat nie met die kortharige Birmaanse kat verwar moet word nie. Die kat het medium-lang hare, ’n ligte lyfkleur met kleurpunte en diepblou oë. Hoewel die kat kleurpunte het, is die pote spierwit.
In Engels word die kat die Birman of Sacred Birman genoem en is dit dus maklik te onderskei van die Burmese (Birmaanse kat). Die naam Birman kom van die Franse naam vir Birma, Birmanie.
Die Heilige Birmaanse kat is in 1925 die eerste keer erken deur die Cat Club de France, in 1966 in Engeland deur die Governing Council of the Cat Fancy (GCCF)[1] en in 1967 in die VSA deur die Cat Fanciers' Association (CFA).[2] Dit is in 1979 deur The International Cat Association (TICA) erken.[3]