Heino | |
---|---|
![]() Heino in 2013 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Heinz Georg Kramm |
Gebore | 13 Desember 1938 Düsseldorf, Duitsland |
Genres | Schlager, Volksmusiek |
Webwerf | Heino.de |
Heino (13 Desember 1938 gebore as Heinz Georg Kramm) is 'n Duitse sanger van Schlagermusiek en tradisionele Volksmusiek. Omdat in totaal meer as 50 miljoen van sy speelplate verkoop is, word hy as een van die mees suksesvolle Duitse musikante van alle tye geag.[1]
Heino is bekend vir sy diep baritonstem en kenmerkende kombinasie van ligblonde hare en donker sonbril (wat hy dra weens 'n eksoftalmus-kondisie). Hy woon in die historiese herstellingsoord Bad Münstereifel waar hy tot en met Junie 2012 'n kafee besit het.[2] Sy belangstelling in musiek het in 1948 ontstaan toe sy ma vir hom 'n trekklavier geskenk het, alhoewel sy gesin dit kwalik kon bekostig.[3][4]