'n Heksachord is 'n reeks van ses opeenvolgende tone.
Die begrip van ses tone met 'n halftoon in die middel is reeds deur Hucbald in die 9e eeu beskryf, maar dit was in Guido van Arezzo se musiekteorie uit die elfde eeu waarin dit 'n sleutelrol begin speel het.[1] Dit het so tot in die 19de eeu gebly.