Held van die Russiese Federasie | |
---|---|
Goue Ster-medalje van ’n Held van die Russiese Federasie
| |
Tipe | Eretitel |
Toegeken vir | Heldedade tot diens van Rusland |
Status | Aktief |
Ingestel | 20 Maart 1992 |
Totaal toegeken | Amper 1 000 |
Soortgelyke eerbewyse | Held van die Sowjetunie Held van die Oekraïne Held van Belarus |
Held van die Russiese Federasie (Russies: Герой Российской Федерации, Geroi Rossijskoi Federatsii) is ’n toekenning en die hoogste eretitel wat ’n burger van Rusland kan ontvang. Die president van Rusland ken dit toe aan mense wat helde- en ander voortreflike dade verrig het tot diens van die staat. Dit is sedert sy instelling al amper 1 000 keer toegeken, hoofsaaklik aan ruimtevaarders en vir militêre dapperheid in Tsjetsjnië. Verskeie kunstenaars, politici, ekonome en atlete het dit ook al ontvang.