Helena (maan)

Helena   

'n Hoëresolusiefoto van die leidende halfrond (Cassini, Junie 2011).
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 377 600 km[1]
Wentelperiode 2,736916 d[1]
Baanhelling 0,199° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Volume 24 840 km3[2]
Massa 7,1±0,2×1015 kg[3]
Gem. digtheid 0,2926±0,0217 g/cm3[3]
Ashelling 0

Helena of Helene (Grieks: Ἑλένη, Helenē) is 'n natuurlike satelliet van Saturnus. Dit is in 1980 deur Pierre Laques en Jean Lecacheux ontdek op grondgebaseerde waarnemings by die Pic du Midi-sterrewag in die Pireneë,[4] en is S/1980 S 6 genoem.[5] In 1988 is dit amptelik genoem na Helena van Troje, die kleindogter van Kronos (Saturnus) in die Griekse mitologie.[6] Helena word ook Saturnus XII genoem, 'n naam wat dit in 1982 gekry het, en Dione B[7] omdat dit saam met Dione om Saturnus wentel. Dit is geleë by die leidende Lagrange-punt (L4). Dit is een van vier trojaanmane.

'n Animasie van Helena se wentelbaan relatief tot Saturnus en Dione.
     Polideukes  ·      Helena ·      Dione ·      Saturnus
  1. 1,0 1,1 "Planetary Satellite Mean Orbital Parameters". Jet Propulsion Laboratory. Besoek op 5 Junie 2023.
  2. Thomas & Helfenstein 2020, p. 2.
  3. 3,0 3,1 Jacobson 2022, p. 6.
  4. Lecacheux1980.
  5. IAUC 3496.
  6. IAUC 4609.
  7. Transactions of the International Astronomical Union, Vol. XVIIIA, 1982 (mentioned in IAUC 3872: Satellites of Jupiter and Saturn, September 30, 1983

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne