Helmut Jahn | |
---|---|
Gebore | 4 Januarie 1940 Zirndorf naby Neurenberg, Beiere |
Sterf | 8 Mei 2021 (op 81) |
Nasionaliteit | ![]() ![]() |
Alma mater | Technische Hochschule in München Illinois Institute of Technology in Chicago |
Beroep | Argitek |
Helmut Jahn (* 4 Januarie 1940 in Zirndorf naby Neurenberg - 8 Mei, 2021) was 'n Duitse argitek wat sedert in 1966 in Chicago woon. Jahn het bekendheid verwerf met opspraakwekkende projekte soos die Sony Center in Berlyn, die Messeturm in Frankfurt am Main, One Liberty Place in Philadelphia en die Suvarnabhumi- internasionale lughawe in Bangkok, Thailand.
In die 1980's het Jahn projekte in twee Suid-Afrikaanse metropole, Johannesburg en Durban, uitgevoer.