Helter Skelter (scenario)

Vincent Bugliosi in 2009.

Die Helter Skelter-scenario is 'n teorie wat Vincent Bugliosi, die hoofstaatsaanklaer in die Tate-LaBianca-moordverhoor, voorgestel het. Dit is hoofsaaklik geskoei op die getuienis van Paul Watkins as 'n motief vir die reeks moorde wat die Mansonbende gepleeg het en is gebruik in 'n poging om Charles Manson aan te kla van sameswering om moord te pleeg. Bugliosi het die teorie tydens die verhoor verduidelik, asook in sy daaropvolgende boek, Helter Skelter: The True Story of the Manson Murders.

Volgens Bugliosi se teorie het Manson dikwels in die maande voor die moorde op Sharon Tate en Leno en Rosemary LaBianca in Augustus 1969 met lede van die bende, of "die Familie", gepraat oor Helter Skelter, 'n apokaliptiese oorlog wat sou voortvloei uit die rassespanning tussen swart en wit mense.[1]:311 Dit behels verwysings na musiek deur die Beatles, veral van hulle gelyknamige album van 1968 (ook bekend as die "White Album"), en die Nuwe Testament se boek Openbaring.[1]:238–44

Ander scenarios buiten Helter Skelter bestaan ook onder skrywers, polisiemanne en regsgeleerdes wat met die saak gemoeid was wat die Tate-LaBianca-moorde beskou as óf 'n na-apery van ander moorde óf wraak vir 'n dwelmtransaksie wat skeefgeloop het óf 'n kombinasie daarvan.

  1. 1,0 1,1 Bugliosi, Vincent; Gentry, Curt (1994). Helter Skelter (a Manson Scenario): The True Story of the Manson Murders (25ste herdenking- uitg.). W.W. Norton & Company. ISBN 0-393-08700-X.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne