Hennie Aucamp

Hennie Aucamp
Hennie Aucamp in 2013.
Hennie Aucamp in 2013.
GeboreHendrik Christoffel Lourens Aucamp
20 Januarie 1934
Dordrecht, Oos-Kaap
Sterf20 Maart 2014 (op 80)
Kaapstad
BeroepDigter, skrywer
NasionaliteitSuid-Afrikaner
Noemenswaardige toekenningsVerskeie, sien teks.

Hennie Aucamp (20 Januarie 193420 Maart 2014) was 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en digter en skrywer van hoofsaaklik kortverhale.[1] Daar is ook al na hom verwys as 'die vader van die Suid-Afrikaanse letterkundige kabaret'[2] en hy het 'n belangrike plek onder die beoefenaars van die Afrikaanse kontreikuns beklee.[3]

Hennie Aucamp was by uitstek 'n belese kortverhaalskrywer, maar het ook heelwat sterk verhoogtekste gelewer, veral vir die kabaretgenre – onder meer 'n Brommer in die boord, Die sewe doodsondes, Met permissie gesê en Slegs vir almal. Sy werk is ook gewild vir prosa-aanbiedings en talle van sy gedigte is getoonset. Die Afrikaanse sangeres Amanda Strydom het hom as haar mentor beskou. In 1982 is hy met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon, en in 2004 met die Fleur du Cap-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot die groei en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse teater.[4]

  1. http://www.esaach.org.za/index.php?title=Aucamp,_Hennie_(Hendrik_Christoffel_Lourens[dooie skakel]
  2. NB-uitgewers: Hennie Aucamp Geargiveer 25 Oktober 2009 op Wayback Machine, verkry op 4 Julie 2009.
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 4 Oktober 2016.
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne