Henri François Joseph Vieuxtemps (Franse fonetiese spelling: ɑ̃ʁi fʁɑ̃swa ʒɔzɛf vjøtɑ̃) 17 Februarie 1820 – 6 Junie 1881) was 'n Belgiese komponis en violis. Hy beklee 'n belangrike plek in die geskiedenis van die viool as 'n prominente eksponent van die Frans-Belgiese -skool gedurende die middelperiode van die 19de eeu. Hy is ook bekend daarvoor dat hy die Vieuxtemps Guarneri del Gesù (soos dit later bekend sou staan) gespeel het, 'n viool wat getuig van besonderse vakmanskap.