Sir Henry Rider Haggard (22 Junie 1856 – 14 Mei 1925) was 'n Engelse skrywer van avontuurfiksieromanne wat in eksotiese plekke, hoofsaaklik Afrika, afspeel en was 'n pionier van die verlore wêreld literêre genre.[1] Hy was ook betrokke by grondhervorming regdeur die Britse Ryk.[2] Sy verhale, aan die ligter kant van Victoriaanse literêre spektrum, het tot die hede gewild en invloedryk gebly.