Henry James | |
---|---|
![]() Henry James in 1890 | |
Gebore | 15 April 1843 2 Washington-plein, New York Stad, Verenigde State |
Sterf | 28 Februarie 1916 (op 72) |
Nasionaliteit | ![]() ![]() |
Beroep | skrywer |
Bekend vir | The American The Turn of the Screw The Portrait of a Lady What Maisie Knew The Wings of the Dove Daisy Miller The Ambassadors |
Ouer(s) | Henry James, Sr. Mary Walsh |
Handtekening | |
![]() |
Henry James (15 April 1843 – 28 Februarie 1916) was 'n Amerikaans-gebore skrywer en literêre kritikus tydens die laat 19de en vroeë 20ste eeue. Hy was die seun van teoloog Henry James sr. en broer van die filosoof en psigoloog William James en ook van dagboekskryfster Alice James. Hy het 'n groot deel van sy lewe in Europa deurgebring en het kort voor sy dood 'n Britse staatsburger geword. Hy is meestal bekend vir sy romans, novellas en kortverhale gebaseer op temas soos bewustheid en moraliteit.
James was 'n veelbetekende bydraer tot die kritisering van fiksie, veral in sy aandrang dat skrywers die grootste moontlike vryheid toegestaan word om hulle siening van die wêreld aan te bied. Sy verbeeldingryke gebruik van perspektief, innerlike monoloë en moontlik onbetroubare vertellers in sy eie werke het 'n nuwe diepte en belangstelling aan verhalende fiksie gebring.[1]