Herbert Baker | |
---|---|
![]() | |
Gebore | 9 Junie 1862 |
Sterf | 4 Februarie 1946 (op 83) Cobham, Kent, Engeland |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | argitek |
Bekend vir | Uniegebou in Pretoria Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Suid-Afrikaanse ambassade in Londen |
Ouer(s) | Thomas Henry Baker Frances Georgina Davis |
Sir Herbert Baker (9 Junie 1862 – 4 Februarie 1946) was 'n Britse argitek wat 'n groot uitwerking op Suid-Afrikaanse argitektuur tussen 1892 en 1912 gehad het. Hy het bygedra tot die skepping van wat op daardie stadium 'n nuwe inheemse argitektuur was en was verantwoordelik vir die ontwerp van bekende bakens soos die Uniegebou in Pretoria, die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad, die Suid-Afrika-huis en die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen. Hy het sy inspirasie uit die Kaapse volksargitektuur en die klassiekeherlewingstyl geput.[1]
Hy het talle katedrale, kerke, woonhuise en skole in Suid-Afrika ontwerp, waaronder St George's Katedraal in Kaapstad, St John Kollege in Johannesburg en Michael House in Balgowan. Hy het eredoktorate van Oxford en die Universiteit van die Witwatersrand ontvang en was tot ridder geslaan vir sy ontwerp van die regsgeboue in Nieu-Delhi.