Herman Heijermans

Herman Heijermans

Herman Heijermans (3 Desember 1864 - 22 November 1924) was 'n Nederlandse skrywer.

Heijermans is gebore in Rotterdam uit 'n liberale Joodse gesin as die vyfde van elf kinders van Herman Heijermans Snr. en Matilda Moses Spiers. In die dagblad Algemeen Handelsblad publiseer hy 'n reeks sketse van die Joodse gesinslewe onder die skuilnaam Samuel Falkland wat in volumevorm gebundel is. Sy romans en verhale sluit Trinette (1892), Fles (1893), Kamertjeszonde (2 vol., 1896), Interieurs (1897) en Diamantstad (2 vols, 1903) in. Hy skep groot belangstelling deur sy toneelstuk Op Hoop van Zegen (1900. Vertaal deur Karel Schoeman as Op Hoop van Seën: 'n Spel van die See in Vier Bedrywe), wat 'n teregwysing is van die uitbuiting van vissers in Nederland aan die begin van die eeu. Dit is opgevoer in die Théâtre Antoine in Parys en in Engels vertaal deur die Stage Society as "The Good Hope".

Sy ander toneelstukke is: Dora Kremer (1893), Ghetto (1898), Het zevende Gebod (1899), Het Pantser (1901), Ora et labora (1901), asook talle stukke vir een bedryf. "A Case of Arson", 'n Engelstalige weergawe van die eenbedryf-toneelstuk Brand in de Jonge Jan was opvallend vir Henri de Vries se vertolking (1904 en 1905) van al sewe getuies wat as karakters verskyn.

Heijermans is op 59-jarige ouderdom in Zandvoort oorlede en is begrawe in Zorgvlied-begraafplaas.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne