Hermetisme is ’n godsdienstige, filosofiese en esoteriese tradisie wat hoofsaaklik geskoei is op geskrifte wat aan Hermes Trismegistos ("drie-keer-grootste Hermes") toegeskryf word.[1] Dié geskrifte het die Westerse esoteriese beweging in ’n groot mate beïnvloed en is as van groot belang beskou tydens beide die Renaissance[2] en die Hervorming.[3] Die tradisie maak aanspraak daarop dat dit afstam van ’n prisca theologia, ’n leerstelling wat die bestaan bevestig van ’n enkele, ware teologie wat in alle godsdienste teenwoordig is en in die oudheid deur God aan die mens gegee is.[4][5]