Heterodontosauridae | |
---|---|
Vormafdruk van die tipevoorbeeld, Heterodontosaurus tucki, in Kaapstad, Suid-Afrika. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Heterodontosauridae (Romer, 1966)
|
Heterodontosauridae | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||
|
Heterodontosauridae ("akkedisse met verskillende tande") is ’n familie vroeë dinosourusse wat waarskynlik onder die mees primitiewe lede van die orde Ornithischia was. Hoewel daar min fossiele van hulle is, het hulle regoor die wêreld voorgekom aan die begin van die Laat Trias-periode, en ’n paar spesies het tot in die Vroeë Kryt oorleef.
Heterodontosauridae is genoem na hul heterodontale gebit (met meer as een tandmorfologie). Hulle was omtrent so groot soos jakkalse: minder as 2 m lank, insluitende ’n lang stert. Hulle word veral geken aan hul kenmerkende tande, onder meer vergrote slagtande en kiestande wat aangepas was vir kou. Hulle was plant- en moontlik allesvreters.