Heuningvreters | |
---|---|
![]() | |
’n Vroulike Phylidonyris pyrrhopterus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Meliphagidae (Vigors, 1825)
|
Genera[1] | |
50, met 187 spesies |
Die Heuningvreters, of Meliphagidae, is ’n groot en uiteenlopende familie klein tot middelslagvoëls wat die genera Epthianura, Myzomela, Philemon, Anthochaera, Manorina en Melidectes insluit. Hulle kom veral in Australië en Nieu-Guinee voor, maar word ook aangetref in die Pasifiese eilande tot so ver oos as Samoa en Tonga, en die eilande noord en wes van Nieu-Guinee. Nieu-Seeland het twee spesies, die toei en klokheuningvreter, en Bali het net een.[2][3]
Daar is altesaam 187 spesies in 50 genera, waarvan rofweg die helfte inheems aan Australië is en die meeste van die ander in Nieu-Guinee voorkom.[4] Hulle vorm saam met hul naaste verwante, die Maluridae, Pardalotidae en Acanthizidae, die superfamilie Meliphagoidea, wat vroeg in die evolusionêre geskiedenis van die sangvoëls Passeriformes ontstaan het.[5] Hoewel die Heuningvreters baie soos ander nektarvretende sangvoëls oor die wêreld heen lyk en optree, soos die suikerbekkies en basterheuningvoëls, is hulle nie verwant nie en die ooreenkomste is vanweë samelopende evolusie.
Die omvang van die vennootskap tussen Heuningvreters en Australiese blomplante is onbekend, maar dit is moontlik aansienlik. Baie Australiese plante word deur Heuningvreters bestuif, veral die Proteaceae, Myrtaceae en Ericaceae. Hulle is waarskynlik in ander gebiede net so belangrik.