Hieronimus van Stridon | |
---|---|
Sint Jerome | |
Heilige | |
Gebore | ca. 347, Stridon (moontlik Stridon Dalmatiae, op die grens tussen Dalmasië en Pannonië) |
Sterfte | 420 (op ca. 73), Betlehem, Palaestina Prima |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Anglikaanse Gemeenskap, Lutheranisme, Oriëntale Ortodoksie |
Pelgrimsoord | Basilica di Santa Maria Maggiore, Rome, Italië |
Feesdag | 30 September (Rooms-Katolieke Kerk), 15 Junie (Oosters-Ortodokse Kerk) |
Attribute | leeu, kardinale drag, kruis, skedel, trompet, uil, boeke en skryfbehoeftes |
Beskermheilige | argeoloë; argivarisse; Bybelkenners; bibliotekarisse; biblioteke; skoolkinders; studente; vertalers |
Hieronimus van Stridon[1] is as Eusebius Sophronius Hieronimus in Stridon, Dalmasië ongeveer in die jaar 347 gebore. Hy is een van die vier Groot Kerkvaders van die Weste. Hy word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk met 30 September as sy feesdag, en in die Oosters-Ortodokse Kerk met sy feesdag op 15 Junie.