Hifikepunye Pohamba | |
![]() Hifikepunye Pohamba in 2014 | |
Ampstermyn 21 Maart 2005 – 21 Maart 2015 | |
Eerste minister | Nahas Angula (2005–2012) Hage Geingob (2012–2015) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sam Nujoma |
Opgevolg deur | Hage Geingob |
President van SWAPO
| |
Ampstermyn 29 November 2007 – 19 April 2015 | |
Voorafgegaan deur | Sam Nujoma |
Opgevolg deur | Hage Geingob |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 18 Augustus 1935 Okanghudi, Suidwes-Afrika (tans Namibië) |
Politieke party | SWAPO |
Eggenoot/-note | Penehupifo Pohamba |
Kind(ers) | Tulongeni Kaupu Ndapandula |
Alma mater | Mense se Vriendskap Universiteit van Rusland |
Religie | Anglikanisme |
Hifikepunye Lucas Pohamba (gebore op 18 Augustus 1935[1][2] in Okanghudi in die distrik Ohangwena in Noord-Namibië[3]) is 'n Namibiese politikus wat tussen 2005 en 2015 as tweede president van Namibië gedien het. Hy het die Namibiese presidensiële verkiesing van 2004, as kandidaat van die regerende SWAPO, oorweldigend gewen. Hy het die amp van president in Maart 2005 amptelik beklee en het gedien tot 2015. Hy was ook die president van SWAPO tussen November 2007 en April 2015.