Hilgard Muller | |
![]() Hilgard Muller in 1964 | |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 1964 – 1977 | |
Voorafgegaan deur | Eric Louw |
---|---|
Opgevolg deur | Pik Botha |
Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk
| |
Ampstermyn 1961 – 1964 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 4 Mei 1914 Potchefstroom, Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 10 Julie 1985 (op 71) Pretoria, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Alma mater | Universiteit van Oxford |
Hilgard Muller (4 Mei 1914, Potchefstroom – 10 Julie 1985, Pretoria[1]) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria (1953–1955), verkose lid van die parlement in 1958 en minister van buitelandse sake[2] na die aftrede van Eric Louw in 1964. Hy het afstand gedoen van beide poste in 1977.
Muller het regte aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, 'n Rhodes-beurs aan die Universiteit van Oxford ontvang en 'n doktorsgraad in die regte behaal. Nadat hy in die regte in Pretoria gepraktiseer het, is hy in 1951 tot Pretoria se stadsraad verkies en het twee jaar later burgemeester van die stad geword.
Hy het in 1957 uit die stadsraad bedank en is die volgende jaar vir Pretoria-Oos tot die nasionale volksraad verkies. Hy besluit in 1961 om nie vir 'n tweede termyn te dien nie, in plaas daarvan is hy as Suid-Afrika se ambassadeur in Londen aangestel, maar keer in 1964 na die parlement terug en is onmiddellik as minister van buitelandse sake aangestel.
Muller het in 1977 uit die openbare lewe getree en is deur Frederik Roelof "Pik" Botha opgevolg, wat dié amp tot die eerste volle demokratiese verkiesing in 1994 beklee het.