Hillcrest | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 29°46′48″S 30°45′46″O / 29.78000°S 30.76278°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Stigting | 22 CE |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,44 km2 (8,28 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 329 |
• Digtheid | 622/km2 (1 610/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 84.3% |
• Indiërs/Asiërs | 3.0% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 11.4% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 82.7% |
• Afrikaans | 7.6% |
• Zoeloe | 6.9% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 3610 |
Poskode (posbusse) | 3650 |
Skakelkode | 031 |
Hillcrest is 'n gegoede woonbuurt en klein dorpie, in die groter Durban-area van eThekwini in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Hillcrest het sy onafhanklike dorpsraadstatus tot in 1996 behou, waarna dit onder administrasie van die Buite-Westelike Plaaslike Raad – 'n onderafdeling van die destydse Durbanse Eenheidstad – geplaas is. In 2000 is die Buite-Westelike Plaaslike Raad, saam ander plaaslike dorpsrade, ontbind en vervang deur 'n enkele eThekwini Munisipaliteit wat die hele Durban metropolitaanse gebied bedien.
Die voorstad van Hillcrest het in die laat-1990s en 2000s 'n bou-oplewing beleef met die oprigting van vele afgesperde woongemeenskappe en nuwe inkopiesentrums.