Hinamatsuri (雛祭り) word jaarliks op 3 Maart in Japan gevier.[1][2] Die dag staan ook as die Japannese poppefees of meisiesdag bekend. Die geluk en gesondheid van jong meisies word op die dag gedenk.[3] Dit is een van twee tradisionele dae wat sedert die 8ste eeu aan kinders gewei word, die ander is seunsdag op 5 Mei.[4]
Poppe word op die dag op platforms met rooi tapyte uitgestal. Die poppe verteenwoordig die keiser, keiserin, hofdames en musikante in tradisionele hofrokke van die Heian-tydperk (794 tot 1185). Hierdie platforms het vyf of sewe trappe. Dit word gewoonlik as volg opgestel:
Boonste vlak (voor 'n goue kamerskerm):
Tweede vlak:
Derde vlak:
Vierde vlak:
Vyfde vlak:
Laer vlakke:
Families begin gewoonlik om die poppe in Februarie uit te stal en verwyder dit onmiddellik na die fees. Volgens bygeloof sal mense wat die poppe tot na 4 Maart los se dogter eers laat in hul lewens trou.[5]