Hippodroom van Konstantinopel

Die Hippodroom van Konstantinopel, met die Konstantyn-obelisk op die voorgrond en die Toetmoses-obelisk regs.
Die ligging van die Hippodroom in Konstantinopel.
Optog van die gildes voor die sultan in die Hippodroom, Ottomaanse miniatuur-skildery (1582).

Die Hippodroom van Konstantinopel (Turks: Sultanahmet Meydanı, At Meydanı) was ’n arena wat die sport- en sosiale middelpunt was van Konstantinopel, die hoofstad van die Bisantynse Ryk. Vandag is dit ’n plein met die naam Sultanahmet Meydanı (Sultan Ahmet-plein) in die Turkse stad Istanboel, met net ’n paar dele van die oorspronklike struktuur oor. Dit word soms Atmeydanı ("Perdeplein") in Turks genoem.

Die woord "hippodroom" kom van die Griekse hippos ('ιππος, "perd") en dromos (δρομος, pad). Perde- en strydwarenne was gewilde tydverdrywe in die antieke tyd en hippodrome was algemeen in die Griekse stede van die Hellenistiese, die Romeinse en die Bisantynse tydperk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne