Hoeksche Waard | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die Hoeksche Waard naby die dorp Heinenoord | |
Ligging van Hoeksche Waard in Zuid-Holland-provinsie | |
Kaart van Hoeksche Waard-munisipaliteit | |
Koördinate: 51°46′N 4°28′O / 51.767°N 4.467°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Zuid-Holland |
Stigting | 2019 |
Regering | |
• Burgemeester | Charlie Aptroot (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 323,69 km2 (124,98 vk. myl) |
• Land | 268,54 km2 (103,68 vk. myl) |
• Water | 55,15 km2 (21,29 vk. myl) |
Hoogte | −1 m (−3 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 88 715 |
• Digtheid | 330/km2 (900/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 3261–3299 |
Skakelkodes | 0186, 078 |
Bestuurlike sentrum | Oud-Beijerland, Maasdam |
Webwerf | www.gemeentehw.nl/ |
Hoeksche Waard is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, met 'n bevolking van sowat 89 000 in 2022 en 'n oppervlakte van 324 km².
Hierdie munisipaliteit is in 2019 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Binnenmaas, Cromstrijen, Korendijk, Oud-Beijerland en Strijen.
Die Hoeksche Waard-munisipaliteit bestaan uit die groot Hoeksche Waard-eiland en die klein Tiengemeten-eiland. Wes van die Hoeksche Waard vloei die Spui-, noord die Ou Maas-, oos die Dordtsche Kil- en suid die Hollandsch Diep- en die Haringvliet-rivier. In die midde lê die opgedamde Binnenbedijkte Maas-rivier.
Die Hoeksche Waard is 'n landelike streek met baie saaiboerdery. Die grootste nedersetting is Oud-Beijerland met ongeveer 25 000 inwoners in 2021.