Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Hoekslyper (Engels: angle grinder) is 'n draagbare elektriese handgereedskap wat gebruik word vir die sny, skuur en polering van harde oppervlakke, gewoonlik metaal.
Hoekslypers word meestal aangedryf deur 'n elektriese motor, maar petrolenjins en saamgeperste lug word ook soms gebruik. Die motor dryf 'n gerigte kop teen 'n regtehoek aan, waaraan 'n skuurskyf of 'n dunner afsnyskyf gemonteer is. Hierdie skywe is vervangbaar met nuwes wanneer hulle uitgewerk raak.
Hoekslypers het tipies 'n verstelbare skermplaat en 'n hulphandvatsel vir dubbelhandige gebruik. Sekere hoekslypers, afhangende van hul spoedklas, kan gebruik word as skuurders en poleerders, deur die gebruik van 'n skuurskyf met 'n agterste steunskyf.
Die steunstelsel word gewoonlik van harde plastiek of mediumharde rubber gemaak, afhangende van hoeveel buigsaamheid benodig word.