Holstein Fries

'n Jong Holstein Fries bulletjie

Die Holstein Fries is 'n internasionale ras of groep melkbeesrasse. Dit het sy oorsprong in die Nederlandse provinsies Noord-Holland en Friesland en in Sleeswyk-Holstein in Noord-Duitsland. Dit is die dominante ras in industriële melkboerdery wêreldwyd, en word in meer as 160 lande aangetref.[1]

Dit is onder baie name bekend, onder andere Holstein, Fries en Swart-en-Wit.

  1. "Gateway to dairy production and products". FAO (fao.org). Besoek op 20 Julie 2020.[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne