![]() | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Vervaardiger | Honda |
Ook genoem | Super Blackbird |
Produksie | 1996–2007 |
Voorganger | Honda CBR1000F |
Klas | Sporttoerfiets |
Enjin | 1137 cc waterverkoelde 16-klep DBNA inlynviersilinder |
Boor / Slag | 79 × 58 mm |
Drukverhouding | 11.0:1 |
Topspoed | 270 - 290 km/h (170-180 mpu) |
Kraglewering | 99 - 102 kW (133 - 137 pk) @ 9,500 rpm |
Wringkrag | 106 - 109,7 Nm @ 7,500 rpm |
Ontsteking | Rekenaarbeheer-digitaal |
Transmissie | Nouskakel 6-gang |
Verwante modelle | Honda X11 |
Die Honda CBR1100XX Super Blackbird was 'n Honda supermotorfiets, deel van die CBR-reeks wat van 1996 tot 2007 vervaardig is. Die fiets is ontwikkel om die Kawasaki Ninja ZX-11 uit te daag as die wêreld se vinnigste produksiemotorfiets,[1] en Honda het daarin geslaag met 'n topspoed van 287,3 km/h (178,5 mpu).[2][3] Twee jaar later is die titel oorgeneem deur die Suzuki Hayabusa, wat 312 km/h (194 mpu) gehaal het.[4][5] Die Blackbird is vernoem na die Lockheed SR-71, ook 'n spoedrekordhouer.[6]
Dit het die grootste enjinverplasing in Honda se CBR-reeks motorfietse.