Hongkongse Rugbyunie | |
---|---|
Kenteken van die Hongkongse Rugbyunie
| |
Engelse naam | Hong Kong Rugby Union |
Afkorting | HKRU |
Chinese naam | 中國香港欖球總會 |
Land | Hongkong |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1952 |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
Vastelandse beheerliggaam | Asië Rugby |
President | Peter Duncan |
Setel | Hongkong, Volksrepubliek China |
Amptelike tale | Chinees en Engels |
Amptelike webwerf | hkrugby.com |
Die Hongkongse Rugbyunie (Engels: Hong Kong Rugby Union, afgekort “HKRU”; Chinees: 中國香港欖球總會) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong beheer. Die beheerliggaam is in 1952 gestig. Sedert 1988 verteenwoordig dit Hongkong by Wêreldrugby en sedert 1968 ook by Asië Rugby (“AR”).