Horingsilwer | |
---|---|
Formule | AgCl |
Onsuiwerhede | I |
Nickel-Strunz (10) | 3.AA.15 |
Kleur | kleurloos, heldergroen, grys. Verkleur grys in lig[1] |
Streep | wit[1] |
Glans | diamantagtig, harsagtig, wasagtig [1] |
Hardheid | 1,5-2,5 (Mohs)[1] |
Digtheid | 5,556 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | isotroop[1] |
RI-waardes | n= 2,071[1] |
Kristalsisteem | kubies |
Ruimtegroep | Fm3n |
Strukturbericht-kode | B1 |
Nommer | 225 |
Eenheidsel | a = 5,554(5) Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Horingsilwer (chlorargiriet) is die mineraalvorm van silwerchloried. Dit kom in geoksideerde sones bo-op silwerneerslae voor en kan 'n belangrike silwererts vorm. Dit word in Duitsland, Tjeggië, Engeland, die VSA, Rusland, Meksiko, Chili en Australië aangetref.[2]
Horingsilwer word in Suid-Afrika in die Transvaalmyn naby Delmas in die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit van die Nkangala-distrik van Mpumalanga aangetref.[1]