Hrabowe Грабове | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 48°08′45″N 38°38′54″O / 48.14583°N 38.64833°O | |
Land | Oekraïne |
Oblast | Donetsk |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,56 km2 (3,31 vk. myl) |
Hoogte | 190 m (620 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 000 |
• Digtheid | 120/km2 (300/vk. myl) |
Poskode | 86234 |
Skakelkodes | 380 6255 |
Webwerf | rada.gov.ua/ |
Hrabowe (Oekraïens: Грабове, Russies: Грабово) is 'n dorp in die ooste van Oekraïne in die Donetsk-oblast. Die dorp lê oos van stad Donetsk aan die Mius-rivier, wat tewens die grens tussen die Donetsk- en die Loehansk-oblast vorm. Volgens die Oekraïense sensus van 2001 het die plek 'n bevolking van 1 000 inwoners.
Op Donderdag, 17 Julie 2014 stort Malaysia Airlines-vlug 17 naby die dorp neer. Wrakstukke is oor 'n oppervlak van 15 km versprei. Al 298 insittendes kom in die ramp om.