Hugenote-kollege | |
---|---|
![]() | |
Die Hugenote-Kollege. Dis ontwerp deur die vennootskap John Parker en Alexander Forsyth. | |
Gestig: | 1951 |
Ligging: | Wellington, Suid-Afrika
33°38′17″S 19°0′39″O / 33.63806°S 19.01083°O |
Webtuiste: | hugenote.com |
Die Hugenote-kollege (1896–1950) op Wellington in die Wes-Kaap was die opvolger van die Hugenote-seminarie wat in 1874 gestig is deur die Amerikanse opvoedkundiges mes. Anna Bliss en Abbie Park Ferguson, die eerste inrigting in Suid-Afrika waar vroue opleiding in hoër onderwys kon ontvang. Dit het groot aanmoediging van die NG Kerk en ds. Andrew Murray geniet en is besoek deur dogters van gesiene families uit die hele Kaapkolonie en elders in Suider-Afrika. Dit het later graadprogramme aangebied onder die beskerming van die Universiteit van Suid-Afrika, maar het vanaf 2010 ingeskakel onder die akademiese beskerming van die Universiteit van Stellenbosch.
Dit bied tans grade aan in maatskaplike werk, jeugwerk en gemeenskapsontwikkeling. Die kampus met sy geskiedkundige geboue is ook die tuiste van kerklike uitgewers soos Bybel Media en die Tydskrifte-Maatskappy.