Huilboom | |
---|---|
![]() | |
Huilboom naby Soutpan-krater | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Peltophorum |
Spesie: | P. africanum
|
Binomiale naam | |
Peltophorum africanum Sond., (1850)
| |
Sinonieme | |
|
Die Huilboom (Peltophorum africanum) is 'n struik of 'n boom wat tot middelgroot kan word.[2] Die boom is dikwels twee- of driestammig by die basis vertak. Dit verkies bosryke grasveld en vleirande om op te groei. Die boom het varingagtige steunblare van ongeveer 10 mm lank aan die basisse van die blaarstele op die jong lote. Die blomme bestaan uit heldergeel blomtakkies van tot 15 cm lank. Dit dra ook peule van sowat 10 x 2 cm wat vir maande aan die boom bly. In Engels staan die boom bekend as African weeping wattle.[2] Die boom se FSA-nommer is 215.[3]
<ref>
tag; no text was provided for refs named iucnredlist
<ref>
tag; no text was provided for refs named PvanWyk