Hyundai Elantra

Hyundai Elantra
Oorsig
Vervaardiger Vlag van Suid-Korea Hyundai
Produksie 1990–huidig
Bakwerk en onderstel
Klas Kompakte sedanmotor
Uitleg Voorenjin, voorwieldryf
Plek in geskiedenis
Voorganger Hyundai Stellar

Die Hyundai Elantra (Koreaans: 현대 엘란트라), of Hyundai Avante (현대 아반떼) in Suid-Korea, is 'n kompakte motorvoertuig wat deur die Suid-Koreaanse vervaardiger Hyundai vervaardig word sedert 1990, en is nou reeds in sy vyfde geslag.

Die Elantra was voorheen bemark as die Lantra in Australië en 'n paar Europese markte. In Australië was dit te danke aan die soortgelyke naam Mitsubishi Magna Elante.[1] Dit het aanleiding gegee tot onenigheid met ander motorvervaardigers, en die naam is in 2001 wêreldwyd gestandaardiseer as "Elantra" (met die uitsondering van Korea); Maleisië gebruik nou ook die "Elantra" naam, in plaas van die "Avante" van ouds.[2]

Eerste geslag Elantra (J1)
Oorsig
Ook genoem Hyundai Lantra
Produksie 1990–1995
Modeljare 1991–1995
Montering Ulsan, Korea
Bakwerk en onderstel
Bakstyl 4-deur sedan
Spesifikasies
Enjin(s) Petrol
1.5 L of 1.6 L inlynviersilinder
1.8 L I4
Ratkas 5-gang handrat
4-gang outomaties
Lengte 1990–1993: 4375 mm
1993–1995: 4405 mm
Breedte 1990–1993: 1675 mm
1993–1995: 1680 mm
Hoogte 1390 mm – 1395 mm
Massa 1144 kg
Asafstand 2500 mm
Plek in geskiedenis
Variante Mitsubishi Mirage
  1. "New Car Report – Hyundai Elantra (2001–) – RACV". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2009. Besoek op 17 Januarie 2010.
  2. 2012 Heelnuwe Hyundai Elantra van stapel gestuur in Maleisië LIVE LIFE DRIVE.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne