I Promessi Sposi
| |
---|---|
Voorkant van 'n 1842-uitgawe
| |
Skrywer | Alessandro Manzoni |
Land | Koninkryk van Lombardye–Venesië |
Taal | Italiaans |
Genre | Historiese roman |
Uitgewer | |
Uitgegee | 1827 (eerste uitgawe) 1842 (hersiene uitgawe) (Titelbladsye verskaf foutiewe datums weens vertragings in publikasie) |
Medium | Druk (hardeband en sagteband) |
Bladsye | 720 |
I Promessi Sposi (Italiaanse uitspraak: i proˈmessi ˈspɔːzi; Afrikaans: Die Verloofde) is 'n Italiaanse historiese roman deur Alessandro Manzoni. Dit is die eerste keer in 1827 gepubliseer in drie volumes, maar hierna aansienlik hersien en herskryf tussen 1840 en 1842. Dit is al die bekendste en mees gelese roman in Italiaans genoem.[1]
Die roman speel af in die Hertogdom Milaan in 1628 tydens die Spaanse bewind, en is veral bekend vir die buitegewone beskrywing daarvan van die pes wat Milaan omstreeks 1630 getref het.
Die roman handel oor 'n verskeidenheid temas, byvoorbeeld: die bedrieglike aard van politieke mag en die inherente onregverdigheid van enige regstelsel; die omvang van karakter onder die Christelike geestelikes; van die lafhartigheid van die parogiepriester Don Abbondio tot die heldhaftige optrede van ander (die monnik Padre Cristoforo en die kardinaal Federico Borromeo); en die onwrikbare krag van liefde (die verhouding tussen Renzo en Lucia, en hul stryd om uiteindelik weer te ontmoet en getroud te wees). Die roman is bekend vir sy skerp insigte in die menslike gees.