iBookstore is 'n e-boekwinkel vir Apple se iBooks-toepassing wat op die iPad loop. Die e-winkel is sedert die bekendstelling van die iPad op 3 April 2010 slegs oop vir besigheid in die Verenigde State.[1][2][3] Apple het planne om die diens later in die jaar 2010 in ander lande bekend te stel.[2][4]
Voor die bekendstelling van die iPad, het uitgewers Penguin Books, HarperCollins, Simon & Schuster, Macmillan Publishers en Hachette Book Group USA hulself verbind tot die vervaardiging van die inhoud van die iBookstore. Bykomende uitgewers is genooi om deel te neem op die dag van die produk se aankondiging, 27 Januarie 2010.[5]
Dit was eers aangekondig dat iBookstore eksklusief vir die iPad sou wees, maar later is bevestig dat iBookstore vir alle hardeware wat iPhone OS v4.0 hardloop, beskikbaar sal wees.