ICD-O

Die Internasionale Klassifikasie van Siektes vir Onkologie (ICD-O) is ’n domeinspesifieke uitbreiding van die ICD-10 vir siektes waarby gewasse betrokke is. Dié klassifikasie word algemeen deur kankerregisters gebruik. Die huidige weergawe is die derde een (ICD-O-3). ICD-10 sluit ’n lys morfologiese kodes in. Hulle kom uit die tweede weergawe van die ICD-O (ICD-O-2) wat ten tyde van publikasie gegeld het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne