Italia Trasporto Aereo SpA. (IATA: AZ – ICAO: ITY) wat handel dryf as ITA Airways, is die vlagdraer van Italië.[4] Dit word besit deur die regering van Italië via die Ministerie van Ekonomie en Finansies. Die lugredery vlieg na meer as 70 geskeduleerde binnelandse, Europese en interkontinentale bestemmings. ITA Airways is 'n lid van die SkyTeam-lugrederyalliansie met sy spilpunt in die Lughawe Leonardo da Vinci–Fiumicino in Rome, met Milaan-Linate as sy fokusstad.