iWork | |
![]() | |
![]() | |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 11 Januarie 2005[1] |
Nuutste weergawe | iWork/ 21 November 2013 |
Programmeertaal | Objective-C, C, JavaScript |
Bedryfstelsel | Mac OS X, iOS[2] |
Grootte op skyf | 1.2 GG[2] |
Kategorie | Kantoorpakket |
Lisensie | Eiendomsagteware |
Webblad | iWork |
iWork is ’n kantoorpakket van werkskermtoepassings wat geskep is deur Apple Inc. vir die Mac OS X en iOS-bedryfstelsels. Die eerste weergawe van iWork, iWork ’05 is in 2005 vrygestel. Die pakket is oorspronklik gebundel met Keynote, ’n vertoningstoepassing wat vroeër op sy eie bemark is, en Pages, ’n toepassing vir woordverwerking en bladuitleg.[1][3] In 2007 het Apple iWork ’08 bekendgestel met die toevoeging van Numbers, ’n sigbladtoepassing.[4] iWork sluit ook toegang in tot iWork.com, wat in iWork ’09 gebundel is (vrygestel op 6 Januarie 2009). iWork.com is ’n betadiens wat gebruikers in staat stel om dokumente aanlyn te deel met ander wat dit kan aflaai en kommentaar daarop lewer.[4] iWork integreer met bestaande toepassings van Apple se iLife-pakket deur die mediablaaier wat gebruikers in staat stel om musiek van iTunes, video’s van iMovie en foto’s van iPhoto en Aperture direk in iWork-dokumente te sleep en neer te sit.[1]
Hoewel iWork deur Apple gereken word as “ ’n opvolger vir AppleWorks”,[1] herhaal dit nie die funksionaliteit van AppleWorks se databasis en tekeninstrumente nie[5]
<ref>
tag; no text was provided for refs named pr08