| |||||
![]() | |||||
Ian Kirkpatrick in 1956 | |||||
Volle naam | Alexander Ian Kirkpatrick | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 25 Julie 1930 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 17 November 2012 (op 82) | ||||
Sterfteplek | Somerset-Wes | ||||
Skool | Kimberley Boys’ High School | ||||
Eggenote | Norma | ||||
Kinders | 3 | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Senter | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Griekwaland-Wes Oranje-Vrystaat |
|||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1953–1961 | ![]() |
13 | (0) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
1970 | Griekwaland-Wes |
Ian Kirkpatrick (25 Julie 1930 – 17 November 2012), of Oom Kirkie soos hy bekend gestaan het, was 'n legendariese Springbokspeler, -afrigter en -keurder.
Kirkpatrick het tussen 1953 en 1961 in 13 toetse vir Suid-Afrika gespeel. Die eerste hiervan was op 5 September 1953 in Kaapstad teen Australië gewees en die laaste op 18 Februarie 1961 teen Frankryk in Parys.
Hy was jare lank 'n afrigter op Stellenbosch. Die hoogtepunt van sy loopbaan as afrigter was egter die Curriebeker-oorwinning van die Griekwas in 1970 gewees. In hierdie eindstryd het die Griekwas Noord-Transvaal met 11-9 in Kimberley verslaan.
Hy is op 17 November 2012 op 82-jarige ouderdom by sy huis op Somerset-Wes in sy slaap oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Norma, drie kinders, Peter Kirkpatrick, Richard Liddle en Bridgette Schuitmaker en vyf kleinkinders.[1][2][3]